Wat is die nut van die SAWLA epos groep?
Up to table of contents
Deel van die SAWLV missie om die kwaliteit van SA wynlaboratoriums te verbeter, is om 'n effektiewe forum vir kommunikasie te skep en die daarstelling van 'n SAWLV epos groep (Eng. mailing list) gaan baie daartoe bydra
So werk dit
Met die groep word alle lede se epos adresse sentraal onderhou en deur bloot 'n epos aan sawla@googlegroups.com te stuur, word dit outomaties aan alle lede versprei. Dit gaan makliker wees vir bestuurskennisgewings, maar is ook handig vir lede wat advies soek oor enige wynlaboratorium knelpunt
In Internet gemeenskappe goed op dreef, is daar altyd iemand hulpvaardigs wat bereid is om by te dra tot die beterskap van die groep. Sou 'n lid 'n vraag pos waarmee jy kan help, antwoord gewoon op die epos. Onthou dat almal in die groep jou antwoord ontvang en waarskynlik verdere bespreking gaan uitlok. Jy kan ook privaat en off-list aan die lid direk antwoord
Alle antwoorde aan die groep word per onderwerp op die groep se webwerf ge-argiveer waar sodoende 'n waardevolle volume kennis opgebou word waar lede later kan soek vir antwoorde sonder om noodwendig weer aan die groep te pos
Meer oor die webwerf later, dit moet nie met www.sawla.org verwar word nie - betroubare en innoverende Google groups word vir die SAWLV epos groep gebruik. Daar is 'n outomatiese verwysing na die webwerf onderaan hierdie epos, maar ignoreer voorlopig. Indien jy meer oor mailing lists te wete wil kom, besoek gerus http://en.wikipedia.org/wiki/Electronic_mailing_list. Meer oor die etiket van epos groepe, of sogenaamde netiquette, te http://www.dtcc.edu/cs/rfc1855.html#3
Die groep is privaat, en lidmaatskap per uitnodiging, die huidige lys vir uitnodiging is uit die Interlab stelsel oorgeneem. Dit is eventueel baie maklik on die groep te verlaat, stuur bloot 'n epos aan sawla-unsubscribe@googlegroups.com. Rig asb. versoeke tot lidmaatskap vir nuwe laboratorium personeellede, of huidige lede tans uitgesluit, aan die SAWLA bestuur
Omdat Google groups slegs pos deur bestaande lede sal herversprei, is die kans op gemorspos minimaal. Wanneer egte volumes sodanig toeneem, en kom ons hoop dit word 'n lewendige forum, dat dit lastig raak, konfigureer jou epos program die groep eposse in 'n eie folder te sorteer. Instruksies hiervoor beskikbaar op navraag
Belangrik
Omdat die SAWLV bestuur ook die lys gaan gebruik vir amptelike kennisgewings, is dit belangrik dat alle SAWLV lede by die epos groep aansluit