Hoe sluit ek by die SAWLA epos groep aan?
Up to table of contents
'n Google groep om interne kommunikasie tussen die SAWLA bestuur en lede te verbeter is van stapel gestuur. Hoe sluit mens daarby aan?
Om gemorspos te bekamp, word die groep as 'privaat' bestuur en lidmaatskap is uitsluitlik per uitnodiging
Kontak asseblief die SAWLA bestuur indien jy wil aansluit. Indien jou versoek aanvaar word, sal jy 'n uitnodiging vanaf die groep per epos aan jou uitgereik word
Onder aan die epos sal Google 'n skakel (URL) plak waarmee die uitnodiging aanvaar kan word deur net daarop te kliek. Dit volg net na hierdie teks:
------- Google Groups Information -------
You can accept this invitation by clicking the following URL:
http://groups.google.co.za/group/sawla/sub?s=vmxADAgAAACQ5.......
Kliek daarop om die uitnodiging te aanvaar, jy sal dan na 'n webbladsy gelei word waar jou aansluiting bevestig sal word
Om aan te sluit is die moeilikste deel, daarvandaan verder geskied alles met gewone epos
Ignoreer asseblief die res van hierdie epos oor 'Access to the group on the web...' ens. Meer daaroor op 'n ander dag